3 Weke oor !!!

Vandag oor drie weke vertrek ons Kaapstad toe.

Daar is so baie “Laastes” wat nou besig is om te gebeur. Ek probeer om nie te veel te dink nie, dan hoop ek dat ek nie sal tjank nie.

Alhoewel ons beplan om na 3 jaar terug te kom, sal dit nooit weer presies lyk soos NOU nie. Marike sal uit die huis uit gaan en Franci eintlik ook. Karin en Sophia sal hulle sorgvrye laerskooljare agterlaat vir die intense studietyd van Hoërskool en Matriek. Vriendskappe sal anders lyk. ONS gaan anders lyk –  en anders dink. Dit sal baie dom wees om te dink dat ek alles net so kan vasvang en dat ek nie totsiens hoef te sê nie.

 


Die vraag wat ek deesdae die meeste hoor, is: “Is jy opgewonde?”

My vinnige antwoord is gewoonlik: “Nee…….. Ek weet te veel.”                                                                                   Dit IS snaaks. Ek lag ook elke keer as ek dit sê. Maar eintlik is dit die waarheid.

Ek WAS al op die boot oppad Luderitz, Simonstad, Dasseneiland toe.

Met net ons.

Geen ander kundiges om gou die probleme uit te stryk nie.

Net ons……….. en dit wat ons al geleer het. Frans, ek en by tye ‘n paar baie bang meisiekinders.

Maar ons hoop was nog nooit in die mens en in wat ons kan vermag nie. Ons tuiste is ook nie in hierdie wêreld nie. Dit is nie vir onsself wat ons leef nie. Ons het ‘n Hemelse Vader wat ons nooit uit Sy hand sal laat gaan nie. Maak nie saak wat nie.

My gunsteling verse in die Bybel is nou :

Ps 139:9,10

“If I take the wings of the dawn, If I dwell in the remotest part of the sea, Even there Thy hand will lead me, And Thy right hand will lay hold of me.”

As daar een ding is wat my WEL opgewonde maak is dit hierdie: Dat ‘n mens op so ‘n Wêreldreis in so ‘n klein seiljag, ‘n mens se afhanklikheid van ‘n Soewereine, Liefdevolle God nie kan vergeet nie!

Mag ons altyd die vrymoedigheid hê om Hom met ander te deel!

6 comments

Skip to comment form

    • Martina McCallie on 2014-11-22 at 14:56
    • Reply

    English please!

    • Adrienne Clarke on 2014-11-28 at 06:46
    • Reply

    Liewe Karin,

    Wow!! Psalm 139:9-10 is wonderlik!!! Die Bybel het en is alles. Ek lees you blog en is baie opgewonde vier jou!

    Adrienne xxx

    1. Thank you Adrienne. I love your Afrikaans!! Very impressed that you can still understand it after so many years

    • Andre on 2014-12-01 at 08:37
    • Reply

    Liewe van Zyl – gesin,
    Dit is met verwondering dat ek lees van jul doelwit .
    Soos Karin tereg opmerk gaan alles in die verloop van 3 jaar verander.
    Ons as stedelinge is so vasgevang in die gejaagdheid van ons alledaagse bestaan dat ons oë net gerig is op dit wat rondom ons aan die gang is. Elektriese ligte verlig alles rondom ons en die uitspansel word nouliks waargeneem. Om met ‘n seiljag op die uitgestrekte oseane te kan vaar en van oomblik tot oomblik uitggelewer te wees aan die natuurkragte rondom jou moet ‘n ervaring wees wat moeilik in woorde uitgedruk kan word. Wat ‘n voorreg moet dit wees om die Almag van God, Sy Liefde en Genade so intens van oomblik tot oomblik te ervaar.
    Voorspoedige reis !!
    Andre en Petra

    • Ros Grobler on 2014-12-10 at 17:27
    • Reply

    Ek gaan weer probeer. My boodskappe verdwyn in die niet, weet nie waarheen nie. Ek wens julle alles van die beste toe. Julle is en sal altyd in my gebede wees. Mag dit net goed gaan. Julle sal wonderlike dinge beleef en sekerlik ook bang oomblikke, maar die Here se hand sal oor julle wees en julle beskerm. Ps 139 is my gunsteling. Ek deel dit graag met almal want dit beskryf ons hemelse Vader se hart vir ons so perfek . Mag Hy julle omvou in sy hart, liefde en troue sorg. Julle sal altyd iets hê om oor te gesels en te deel uit die rykdom van julle ervarings en ons sien uit om dit te volg. Sulke avonture is nie vir die ‘faint hearted’ nie. Ek haal my hoed vir jou af dapper vrou wat oorloop van liefde al het ek ook gedink dit is ‘n gek ding om te doen. Aan die anderkant, as almal bang was om gek dinge te doen was daar geen ontwikkeling, vooruitgang en lekker lees verhale nie. Mag dit net goed gaan. Julle is ‘n pragtige gesin. Alles van die beste. Tannie Rosa xxx

    1. Baie dankie, Tannie Rosa

Leave a Reply to Karin Van Zyl Cancel reply

Your email address will not be published.